• Adriaan van BOETIE

    Ek glo dat my musiek die bediening is waarvoor die Here my geroep het.

  • Adriaan van BOETIE

    “Ek aanbid Hom en lei ander in aanbidding deur musiek en sang, ‘n talent wat my hemelse Pa my gegee het. Wanneer ek optree is dit as bedienaar en gee ek nie net ‘n “show” nie."

  • Adriaan van BOETIE

    Daar is uitstaande musikante wat op sy album (Sterre Diamant) gewerk het en sluit broers Jake en Thinus Odendaal (wat saam met kunstenaars soos Joe Niemand, John Ellis en Elvis Blue gewerk het), Danny Antill en solo kunstenaar, Sumari, in.

  • 1
  • 2
  • 3

Adriaan van Boetie Sanger, Liedjieskrywer, Musikant, studio opname produksies:

Adriaan is die nuutste kunstenaar wat by Brettian Productions Platemaatskappy geteken het en sê Adriaan: “Ek is geseënd om by die platemaatskappy ‘n kans te kry om my grootste droom ‘n werklikheid te maak. Ek glo dat my musiek die bediening is waarvoor die Here my geroep het.”

Daar is uitstaande musikante wat op sy album (Sterre Diamant) gewerk het en sluit broers Jake en Thinus Odendaal (wat saam met kunstenaars soos Joe Niemand, John Ellis en Elvis Blue gewerk het), Danny Antill en solo kunstenaar, Sumari, in.

Adriaan is tans die Lof-en-aanbiddings leier by die A.G.S. Brakpan gemeente en sê Adriaan: “Ek aanbid Hom en lei ander in aanbidding deur musiek en sang, ‘n talent wat my hemelse Pa my gegee het. Wanneer ek optree is dit as bedienaar en gee ek nie net ‘n “show” nie.

Belanstellings:

Adriaan se stokperdjies is Scubaduik, Motorfietse, Liedjieskryf, Familietyd.

Adriaan luister graag na Don Fransisco en Garth Brookes, en hy geniet Willie Joubert, Carman, Danie Botha, Petra en Juanita du Plessis se musiek.

BIGtheme.net http://bigtheme.net/ecommerce/opencart OpenCart Templates