• Ronaldo van BOETIE

    Die eerste liedjie wat hy ooit geskryf het, was vir sy vrou, maar hy het die liedjie nog nooit opgeneem nie, omdat dit vir hom te privaat en te kosbaar is om te deel.

  • Ronaldo van BOETIE

    Wat internasionale sangers betref, is hy 'n groot Demis Roussos aanhanger omdat die man soveel fasette in sy stem het. Hy sing nie eentonig en op dieselfde toonhoogte nie.

  • Ronaldo van BOETIE

    Snaaks genoeg is sy internasionale rolmodel nie 'n musikant nie, maar 'n akteur. Mel Gibson is vir Ronaldo die spreekwoordelike voorbeeld van iemand wat sy droom uitleef.

  • 1
  • 2
  • 3

Ronaldo van BoetieRonaldo is 'n nuwe sensasie in die Afrikaanse musiekbedryf, en hy gaan dit nog baie ver bring. Een van die groot redes is dat hy baie van sy eie liedjies skryf.

As hy nie daarby uitkom nie, gebruik hy slegs oorsponklike liedjies, wat spesiaal vir hom deur vriende, Kobie Koen, Gerhard Steyn, Adriaan Van Der Merwe en ander geskryf word.

Ronaldo het in Springs groot geword en bly vandag nog daar. Hy is die oudste van twee kinders, en sy jonger boet is sy grootste bewonderaar.

Ronaldo se pa was in die mynbedryf voor sy aftrede, en sy ma is in die bestuursbedryf. Na skool is hy, soos die meeste jong manne, weermag toe.

Miskien was die weermag 'n goeie jaar vir party jong mans, want na so 'n jaar weet hulle gewoonlik wat hulle wil doen, maar met Ronaldo was dit nie die geval nie. Hy het hier, daar en oral gewerk, maar dit was vir hom moeilik om 'n werk te hou, omdat die outoriteitsding nie vir hom gewerk het nie.

Hy het besluit om vir 'n vriend in Gordonsbaai te gaan kuier, en daar het hy kitaar gespeel en gesing om aan die lewe te bly. Dit is hier waar hy besef het dat dit is wat hy met sy lewe wou doen. Musiek en liedjiesskryf is sy passie, en daaruit wou hy 'n lewe maak.

Hy het terug huis toe gekom, en Vonk is genooi om na hom te luister waar hy by The Snuggery gesing het. Sy geweldige passie vir Afrikaans het Vonk, en veral vir Kobie Koen en Stef Kruger, aangegryp, en Kobie het besluit om vir Ronaldo te help om hom in die musiekbedryf te vesig.

Ronaldo is baie trots op die feit dat sy musiek nie meer net 'n stokperdjie nie, maar nou 'n loopbaan is, en dit is daarmee wat hy nou die pot aan die kook nou. Hy tree dikwels op en die mense is gaande oor sy musiek.

Sy loopbaan het hom baie van homself, en mense oor die algemeen geleer. Dit het hom ook nader aan sy skepper gebring. Dit het hom geleer om mense te waardeer, en om nie sy talent as vanselfsprekend te aanvaar nie.

Hy het drie reëls waarvolgens hy lewe - die eerste een is so 'n bietjie "tong in die kies".

    • Die Bybel sê jy moet heengaan en vermenigvuldig, en dit het hy nou gedoen, want vroulief, Elaine, is swanger met hul eerste kind.
    • Gaan uit en verkondig die Woord van die Here, en dit probeer Ronaldo doen, sover dit moontlik is.
    • God sê ook vir hom hy moet sy tiende gee, en God beproef.

Beeld van Ronaldo vergunning van Vonk tydskrifHierdie laaste reël probeer hy ook sover moontlik doen deur by liefdadigheid betrokke te raak, en op te tree. Word hy wel betaal, hou hy 'n tiende daarvan terug, en probeer hy hierdie instansies bevorder deur self kaartjies vir die vertonings te verkoop, of op ander maniere vir hulle geld in te samel. Dit is egter nie vir hom 'n probleem om 'n gratis optrede vir liefdadigheid te doen nie, omdat dit sy manier is om sy tiende te gee.

Die eerste liedjie wat hy ooit geskryf het was vir sy vrou, maar hy het die liedjie nog nooit opgeneem nie, omdat dit vir hom te privaat en te kosbaar is om te deel.

Hoekom is sy baard wat so snaaks geskeer? Dit was aanvanklik so geskeer vir 'n maskerbal, maar die mense was so gek daaroor dat dit nou 'n soort "handelsmerk" is. As sy baard nie so geskeer is nie, vra sy aanhangers dat hy dit weer so moet skeer.

Ronaldo se groot rolmodel in Suid-Afrika is Steve Hofmeyr. Hy bewonder dit wat Steve vir Afrikaans doen. Steve huiwer nie 'n sekonde om alles vir die behoud van Afrikaans te gee nie.

Snaaks genoeg is sy internasionale rolmodel nie 'n musikant nie, maar 'n akteur. Mel Gibson is vir Ronaldo die spreekwoordelike voorbeeld van iemand wat sy droom uitleef. Mel se groot droom was om 'n fliek oor Christus en die kruisiging te vervaardig, en ten spyte van sy sukses met al sy ander films, het hy hierdie droom uitgeleef, en The Passion of the Christ vervaardig.

Wat internasionale sangers betref, is hy 'n groot Demis Roussos aanhanger omdat die man soveel fasette in sy stem het. Hy sing nie eentonig en op dieselfde toonhoogte nie.

Informasie en prentjies vergunning van VONK

BIGtheme.net http://bigtheme.net/ecommerce/opencart OpenCart Templates